Friday, September 24, 2010

Estelle: My Vriendin op haar 60ste Verjaarsdag - 26 September 2010!


Waar begin mens om aan 'n wonderlike vriendin te sê wat sy vir jou beteken, mens sê dit nie elke dag nie, mens aanvaar dit net dat jy daar is en dat jy my vriendin is!

Mens vra jouself gedurig af wat is vriendskap eintlik, in vandag se tye sê almal hulle is vriende, ek dink, in die mens se soeke na aanvaarding en om te behoort sien hulle kennisse as vriende, maar daar is tog 'n wêreldwye verskil. Die volgende uittreksel sê dit baie mooi en dit is wat vriendskap vir my beteken:

Friendship
"A friend is always loyal, and a brother is born to help in time of need." Prov. 17 : 7
I went outside to find a friend but could not find one there.
I went outside to BE a friend,
and friends were everywhere!
Friendship lives in the heart
It grows in the mind
It travels in the speech
It shines out through the countenance
It pronounces a benediction to the
troubled soul
Friendship is a surety of peace
A seal of Love
A rest of perfect undestanding
An experience of joy

Ek sal nooit vergeet die oggend toe jy by Dr. Gerntholtz begin werk het, waar ek jou leer ken het, jy moes laat inkom .... en ons was so nuuskierig om te weet wie hierdie nuwe persoon is wat nou hier gaan begin werk, gaan sy inpas, gaan ons van haar hou? Ons het so versigtig versigtig jou van nader bekyk en daar was niks te vrese nie, jy was onmiddelik deel van ons en sou my beste vriendin word. André was nog maar in matriek, 'n mooi seun met die mooiste blonde hare en ek het gewonder waar kry die mense die mooie kind!
Hoeveel jaar is dit, ek is nie heeltemal seker nie maar dit voel asof jy maar altyd deel van my lewe was deur die GOEIE en die SLEGTE. Jy oordeel nooit, jy luister altyd en probeer altyd dinge van alle kante bekyk en verduidelik, ek bewonder jou vir jou lojaliteit, jou eerbaarheid, jou liefde en respek vir almal, jou geduld en bystand in tye toe jy my seker eintlik met 'n pan oor die kop wou slaan en sê kom by! Ek waardeer ook dat ek jou altyd kon vertrou met enige inligting en hartseer en opgewondenheid en nooit hoef ons vir mekaar te gesê het: "onthou moet vir niemand vertel nie"
- dit was net so!
As ek begin dink aan alles wat ons vanaf daardie dag toe jy by Dr. Gerntholtz begin werk meegemaak het, mekaar se trane so nou en dan probeer afvee het en bemoediging en aanmoediging uitgedeel het, lekker saam gelag het so tussen die harde werk en frustrasie deur. Jy was soos 'n ma vir Kim en die insluiting van ons in jou lewe was vir ons spesiaal. Jy is altyd belangstellend en dis die mooi van jou jy het altyd meer tyd vir ander as vir jouself.


Ek dink jy is seker een van die min mense met wie ek op vakansie sal gaan, sal ek Mauritius vergeet, ons plakkies was deurgeloop om 'n rand te bespaar! Saam het ons gebudget en probeer om die goedkoopste akkommodasie te kry en 'n paar Rand te bespaar. Hoeveel kere het ons nie goete bevoel en gewik en geweeg, gekoop en Maandag teruggeneem winkels toe! Dieselfde was toe ons in Londen by André gekuier het, alles was net so maklik, jou aanvaarding en tog subtiele manier van oorreding wanneer jy iets gedoen wil hê, maar met jou was niks nooit 'n "issue" nie dit was net. Sal ek al die hikes vergeet wat ons saam deurgemaak het, jy het sommer so aan die slaap geraak in die middel van die paadjie, ''n baie groot sterkpunt van jou die geslapery in enige plek!



Ek mis...
jou lag maklik en spontaan,
jou belangstelling in alles wat ek sê,
ons Saterdag inkopies (dankie Viv vir die tyd!),
jou bystand en bemoediging in moeilike tye,
jou raad,





Ek mis.....
ons verjaarsdagpartytjies wat ek dink jy of ek nie eenkeer gemis het nie??
ons baie lekker tye saam,
ons gesprekke oor alles en wat, letterlik die ure wat ons omgepraat en gelag en gehuil het,
jou tee, die beste koppies tee wat ek nog gehad het, ek maak nou nog die teepot warm en roer die sakkies...
jou resepte wat ek nou uiteindelik in my boek gesit het en dit sê Stella se Bobotie, ens.





Ek mis....
ja selfs jou ou brein skoentjies,
en 'n menige dinge wat jou vriendskap so besonders maak...










So my vriendin, op die mylpaal in jou lewe drink ek 'n glasie op jou (en ek gaan!), ek wens jou alles van die beste toe vir jou pad na 'n verdere sestig jaar en wens jou alles wat mooi is vir die toekoms. Vir my is jy nie oud nie (deesdae is 60 in elk geval nie) as ek vir vreemde mense van jou vertel, vertel ek vir hulle van hierdie vriendin van my wat menige 20-jariges stof in die oë sal kan skop wanneer dit kom by lewenslus en energie, so onthou:

Age is a quality of mind.
If you have left your dreams behind,
if hope is cold,
If you no longer look ahead,
If your ambitions' fires are dead,
Then you are old.
But if from life you take the best,
And if in life you keep the jest,
if love you hold;
n0 matter how the years go by,
No matter how the birthdays fly-
You are not old.

Ek is ver weg van jou op hierdie een, maar in my hart is ek by jou, en ek sit nou al dae en dink wat ek jou kan sê wat jou sal laat besef hoe baie jy vir my beteken as vriendin, jy is meer as 'n vriendin jy is familie, so ek wil graag die onderstaande met jou deel:

"It is Magnificent to Grow Old, if one keeps Young"

There is no reason to dread the passage of time. Age is, or should be, the rich and happy fulfilment of life - the shining consummation of all that has gone before.
"Don't be ashamed of your grey hair!" write William Lyon Phelphs, when he himself was 62! "Wear it proudly, like a flag .... Grow old eagerly, triumphantly!"
With age come wisdom and understanding. With age come many joys and compensations. "each part of life has its own abundant harvest, to be garnered in season", said Cicero. "Old age is rich in blessings".

All through history we find convincing proof that mental powers increase with age, that artistic and intellectual powers are often intensified in later years. Michelangelo was still producing materpieces at 89! Goethe completed the second part of Faust when he was eighty-two. Wagner finished Parsifal at sixty-nine, and Voltaire wrote Candide at sixty-five. Handel was still composing beautiful music, Longfellow was still writing immortal poetry, after seventy. Some of the greatest tasks ever undertaken by men were begun and carried through in what are called life's declining years. In "Life begins at Forty",, Pitkin points out that nine-tenths of the world's best work has been done by older people, well past their prime. "To know how to grow old is a masterwork of wisdom, and one of the most difficult chapters in the great art of living", wrote Henri F. Amiel in his famous Journal. This is truer today than it has ever been, with the life span lengthened and the opportunities for older people greater than ever before in history.!!


So daar het jy dit Stella, onthou net die volgende, en ek maak staat op jou:

remember that the greatest things have not yet been done,
the greatest discoveries in science have not been made,
the greatest advances in social life have not been achieved,
the greatest triumphs of the spirit have not been won.
They wait the coming of the right men and women.

SO YOU GO GIRL!

GLO JY SAL 'N WONDERLIKE VERJAARSDAG Hê!


LIEF VIR JOU!



ONS ALDRIE DRINK 'N GLASIE OP JOU!








1 comment:

  1. Wow mommy this is so so awesome!!!
    I found myself thinking,'man I wish I had a friend like that!' then I realized...SCORE because you're my friend and my mommy. Now I notice that on the 17th of August you didn't post a blog...not to worry though, I have a birthday every year ;o)

    I'm so proud of you mommy!
    Love you.

    ReplyDelete